3

Baie dankie vir al julle gebede. Dit is baie spannend hier in          Zimbabwe … somtyds voel dit vir my of die hele land-situasie my onderkry.

 

Telkemale is dit moelik om my gesin van kos te kan voorsien. Die winkels se voorraad is baie laag en baie dae is selfs basiese benodighede maar skraps. Sodra winkels weer voorraad begin inkry, is die pryse geweldig hoog en daarom onbekostigbaar vir die deursnee werker. Volgens die winkeleienaar se diskressie, kan pryse sonder kennisgewing verander en heeldag fluktueer.

 

Die volgende presidensiële verkiesing is in Maart 2008, net om die draai. Almal is baie bang … veral vir dit wat ons nie weet nie … die onbekende.

 

Ons is baie afhanklik van julle gebede. Bid asseblief saam met ons gesin en ons land vir hierdie sake:

 

· ons land Zimbabwe - vir vrede

· ons gesin en familie - vir beskerming

· vir die HERE se werk hier - dat ons sal daagliks en elke oomblik, sal volhard

· die kleuterskool bedieding - dat dit geseënd sal wees

· dat die GEES van liefde en eenheid tussen ons sal heers

 

Groete in CHRISTUS

         David

David skryf uit Zimbabwe