|
4 |
|
Die HEER het dit vir ons moontlik gemaak om die (tamatie) tonnel-projek hidroponies te kan verbou. Hidroponies beteken dat plantjies, in plaas van direk in die grond, in plant sakkies verbou word en dus voeding deur die water kry.
Die voordeel van hierdie manier van plant is dat meer tamaties in ’n kleiner area verbou kan word en die opbrengs terselfdertyd verhoog kan word.
Tamaties word tans in drie strukture hidroponies verbou:
net struktuur 600 plantjies klein tonnel 300 plantjies groot tonnel 800 plantjies
Dit gaan baie goed met die tamatie verkope. Ons voorsien tans tamaties aan die plaaslike mark, wat eetplekke, privaat kopers uit Embalenhle, Adullam personeel en die sending kombuis self, insluit.
Bid asseblief dat die HEER ons van ‘n konstante mark sal voorsien.
|
|
Baie dankie aan elke individu wat dit vir ons finansieël moontlik maak om die tonnelprojek stuk vir stuk te kan uitbrei.
Graag wil ons met dankbaarheid deel dat ons intussen twee water tenks en ‘n verhittingsoond kon aanskaf. Sodra ons die nodige komponente vir die in en uit-laatstelsel van warm lug tussen oond en tonnels het, sal ons moontlik in die wintermaande ook tamaties kan kan produseer.
Bid asseblief saam met ons:
· vir arbeiders met ‘n hart vir die werk · vir finansies vir die nodige verhittingskomponente om spoedig met winterproduksie te kan begin · teen plantsiektes en vir die nodige kennis om dit effektief te kan bestry · dat die bestaande 4de en 5de tonnel strukture vir produksie gereed gemaak kan word
Baie dankie in besonder .... |
|
Die HERE seën ons onverdiend deur SY voorsiening met die uitbreiding van die tonnel-projek. |

