|
ALLES.
Dit is wat Kersfees beteken. Die grootste geskenk ooit vir ons.
Hy sê ons het saam met Hom gesterf. Indien ons in die geloof JESUS aanvaar en één met Hom word, sal ons in dieselde verwerping deel as waarin Hy gedeel het. Ons sal ook al ons eer, waardigheid en eie lewe verloor omdat ons nie meer sal inpas by die skema van die wêreld nie.
Ons moet dieselfde pad van die kruis loop. Dit is wat Kersfees beteken. Ons grootste geskenk aan Hom.
Kersfees beteken my lewe is verby, Hy leef nou in ons - die nuwe lewe.
Mag dit ‘n ware Christus fees wees!
Ds Japie Malan |
|
Adullam Sending |


GOD se geskenk aan jou - en joune aan HOM |
|
Bid asseblief vir ons Sendingpare vir bemoediging … en dank die HERE vir hoe HY nog steeds in elke behoefte, op SY tyd, voorsien:
Belarus Thys & Antonette en hulle kinders. Bid asseblief vir die voorsiening van getroue arbeiders met ‘n hart vir die Werk wat gedoen moet word. Thys het groot nood aan betroubare skaapwagters. Bid dat die Here vir hulle twee wagters sal stuur. Bid asseblief vir gesondheid en wysheid om die wil van die HERE in elke situasie te kan ken en die krag om dit te kan doen. Bid ook dat hulle nie sal moedeloos word nie, maar dat hulle elke dag versterk sal word deur JESUS se Genade en belofte van Getrouheid. Zimbabwe David & Sekai. Ons dank die HERE ook vir die Werk daar. Bid asseblief vir bemoediging en toewyding ondanks moeilike omstandighede. Met die Pre-School en Playgroup het dit goed gegaan. Bid in besonder vir die Selgroep. Natal Sipho & Siphokazi. Bid asseblief dat die HERE mense sal stuur vir Sy Kerk. Dat die GEES in die harte sal werk en dat mense HOM sal soek. Bethal (Emzinoni) Elias & Thembi en hulle kinders. Bid asseblief vir toewyding en wysheid. Bid ook vir die Speelgroepie wat hulle in 2007 wil begin. Die doel van die Speelgroepie is om die Evangelie ook met kindertjies te kan deel wat dit weer na hul ouerhuise bring. Elias besoek ook skole in die omgewing en dit gaan goed. Die dienste wat hy op Sondae hou, word ook goed bygewoon. Papua New Guinea* |



|
GEBEDSBRIEF |